MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Lewe van Sarah Arendorf in McGregor
Heritage Transcription
[This transcription is rendered verbatim as in the vernacular. Where the phonology may be obfuscated, footnotes in standard Afrikaans are supplied. Repeated incidences will not be given elucidation. Punctuation is eccentric in this audio/verbal rendition; hence the transcriber had to be creative in the interpretation of run-on lines etc. Possibly, partial literacy contributed to phonetic delivery. This enriches the text and captures ethnographic traces. The interviewee’s enunciation is variable and markedly becomes clearer as she gains confidence in her delivery.]
Kizzy: Hello, this is Saturday the 19th of July 2025. This is Kizzy and I am here with Sarah Arendorf [i] and she is going to talk to us about her story growing up in McGregor; and just to say that Sarah gives me permission. So, Sarah, gee jy vir my permissie [ii] om dit te doen, dit te record[iii]?
Sarah: Yes
Kizzy: And now it’s going to be over to Sarah and her story. Thank you.
Sarah: Goeie middag, dis Sarah Arendorf wat praat, van McGregor. Ek het as kind grootgeraak op ‘n plaas – op Jacob Naude se plaas. Ek het skool gegaan en later ‘n tyd[iv] het ons getrek na Paul Malan to en hy het die plaas verkoop met ons-en –al[v] op die plaas. My ouma het gewerk in die kombuis by Baas Paul en later ‘v[vi] tyd het ons getrek tot by Baas Sarel [vii] se plaas in McGregor an daar het ons gebly en daar het ek groot geraak; daar het ek gespeel as ‘n kind. Ek het nie maatjies gehad nie. Ek het so grootgeraak. Ek het skool gegaan. En later ‘n tyd het ons gebly in Keerom Straat, McGregor en daa(r)vandaan het ek skool gegaan by die Methodiste Kerk en toe’t[viii] hulle nog die skool, McGregor Primêr nog gebou. Daar het ek middag … oggend skof skool gegaan as ‘n kind.
Ek het lekker dae gehad as daai[ix] en vandag se lewe gaan … is nie soos die ou dae nie. En as kind het ek nie vrinne[x] gehad nie en ek het alleen gespeel. Die meisie met wie saam ek grootgeraak het – in een huis – sy’s al oorlede en ek is nog anderkant die lewe nog. En … Ek as kind het ek groot geword hier in McGregor en ek is vandag … is ek ‘n jong vrou van 49 jaar oud, en ek het gekyk na my ouma. Ek het gekyk na my oupa. My oupa het gewerk in die dorp by ‘n wit man. Sy naam was Meneer Visser en my ouma het maar huiswerkies gedoen. Ek het op die lande gewerk by Oom Jan Hamilton; was my eerste. Ons het in Barry Straat gebly maar … Daar was nie inkomste gewees nie. Mâ[xi] oñs[xii] moet to gâ[xiii] werk het. Ek is in die 88s is ek uit die skool uit want daar was nie … daai tyd kon ons nie skool gegaan het nie. Ons moes gaan werk het op die lande en toe oom Jan te sterwe gekom het, het ek gaan werk by Oom Donsie Lekay. En da[xiv]het ek ook die lande perskes uitgedun, appelkose gepluk, perskes gepluk. En daar het ek, op die lande, ‘n kind, sy naam was Joseph Arendorf. Sy pa het nie vir hom gesorg nie so ek het ma’[xv] vir hom grootgemaak. Later van tyd het ek gewerk by Temenos, Tebaldis. Daar het ek dag en nag gewerk. Later van tyd toe’t [xvi]my ouma begin siek word … kon ek nie meer werk nie; toe moet ek … ek het kekyk na haar. En late van tyd toe’s my ouma oorlede. Sy’s die 27 ste … 23ste April sorry – is sy dood op ‘n Vrydag en ek het my ouma opgepas tot doodsdag. Later van tyd het ek my oupa, wat bedlê
-end geraak het toe’t ek na hom gekyk. As kleinkind… enigste kleinkind, het ek gekyk na hom – dag en nag. Ek het hom so versorg en ek het hom late’[xvii] van tyd toe het hy Bram[xviii] toe gegaan toe kan ek nie meer na hom gekyk het nie en daar het hy tot sterwe gekom by bram hospitaal
En ek as kind verlang nog baie na my ouers en later van tyd het ons in Buitenkant… in Barry Straat gebly in ‘n klein huisie. Ons het kinders groot gemaak. My antie het gedrink en hulle pa … maar ons het hulle kinders groot gemaak tot vandag is hulle groot manne hulle het al vrouens. En later van tyd het ons uitgetrek daar. Toe’t ons in ‘n plakkerskamp toe gegaan bly. In ‘n hokkie gebly sonder plate het ons gebly. My oupa het hout gemaak da’ en dit was baie koud gewees en ons het daar gebly en die witman waar my oupa by gewerk het, het vir ons gesorg vir plate wat ons op die dak kon sit. Want dit het gereent [xix]Die reent het gestaan soos ‘n boggel innie[xx] kamer maar ons het so gelê en … maar ek weet vandag se jong mense is so … wat nie vandag wil kyk na hulle ouers nie, maar ek is … ek was daar om na my ouers om te sien.. om te sien, tot die dag toe wat hulle hul oë toemaak. En vandag verlang ek nog baie na hulle. Dit gaan ma’ opdraand en afdraand met my, maar ek druk maar deur en ek is ook nie gesond nie; ek kry ook ‘n oulappie[xxi], maar die Here dra my deur en was so bly ek kan sê … ek kan vir my seun sê hy het ‘n lekker lewe vandag, maar daai tyd toe ek as kind was het ek nie daai lewe gehad soos hy vandag het nie. Daai tyd moes ons uitgegaan het om te gaan werk. Dit was koud die oggende moet ek mos die lorrie[xxii] geklim het. Maar vandag sê ek vir hom hy kan ook mos gaan lorrie spring, maar hy wil nie spring nie. Maar ek moes so as ma alleen gesorg het vir hom en daai tyd toe ek my oupa aan die dood moes afgee, toe moet ek kyk na my ma Katriena Johanna Williams. Toe moet ek omgesien het na haar; ook dag en nag. En ek het haar opgepas; ek het gekyk na haar. Sy was ook nie gesond gewees nie.Sy het ‘n asma bors gehad, maar ek het gekyk; na haar gekyk. En as ek soggens by haar gekom het, het sy gesê, “My kind ek het baie lekker geslaap.” Ek het haar uitgesmeer[xxiii] en ek het gekyk na haar. En van daar toe sy haar oë toemaak, toe was dit amper soos ‘n goud[xxiv]wat weggegaan het van my af. En Sondag toe gaan ek saam met die kerk Paarl toe na ‘n begrafnis en toe ek terug kom en in die oggend in die bus speel die musiek van ‘n moeder wat uitgaan om na kinders … om te werk om kos op die tafel te kry en toe kom dit by my, ek is ‘n moeder wat uit gekruip het om kos op die tafel te kry vir my seun. Daar’s niemand … ek was Pa en Ma alleen in die woning. Ek en my seun. Maar soos ek gesê het vandag … Toe ek by die huis kom die aand … die Sondagaand, toe sê ek vir my seun en my skoondogter, ek gaan gou na my ma toe … gou gaan kyk hoe dit gaan met haar. En Saterdag toe sê sy vir my, “My kind, jy kannie saam met die koor uitgaan nie.” En ek sê, “Nee my ma, ek moet saam met die koor uitgaan want ek is daar in en my oupa het vir my gesê, “ My kind, die dag wat ek my oë toemaak .. wat ek my oë toemaak … moet jy in die koor bly.” En ek het vir my oupa gesê … net so my ouma… , “My oupa ek gaan jou voetspore navolg”, en ek het dit gedoen. Toe kom ek by die huis, toe sê ek vir my seun ek gaan op en net gaan kyk wat my ma maak en ek kom aan die onderkant … bokant ons huis, en ek kry net so ‘n duiselig[xxv] in my kop en ek sê vir myself, nee; nie hier toe en nie verder nie en gaan weer omdraai huis toe en ek draai om huis toe en hy sê, “My ma, kom my ma dan weer terug?” en ek sê, “Nee, ek voel nie lekker nie.” En die aand toe ek lê daar in my bed en hoor nog my foon lui en ek hoor, en ek hoor my stiefpa vra vir my, “Sarah, jou ma het gevra hoe gaan dit; of julle terug gekom het al en ek sê, “Ja ons het nou net gekom by die huis en hy sê, “O.K.” En nie lank nie toe lui die foon weer en hy sê vir my, “ My kind, jou ma is nie meer daar nie”, en ek kom uitgehardloop en val neer in die pad en ek sê, “Dit kannie waar wees nie.” So as kind het ek nie vandag ouers nie. Baie het ouers. Met moedersdag … elke kind moet: waardeer jou moeder. Party kinders staan op teen die maens and paens[xxvi], maar my seun het nog nie opgestaan teen my nie. En .. Die Here sê Psalm 23: “ Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie. Na waters waar rus is lei Hy my heen.” Ek staan nog vas waar die Here nog vir my geroep het. En ek kyk nog na my kleinseun ook. Ek maak hom ook groot. Vandag se kinders speel nie met poppe nie, met tolle en albasters nie. Daai tyd toe ek ‘n kind was het ek nog gespeel met tolle; saam met die manskinders albaster geskiet. Ek het alles gedoen. Daai jare het ek hout gedra. My oupa sê as hy saans by die huis gekom het, moet hy hout sien lê op die werf of jy kry nie soggens koffie in die kooi[xxvii] of waar nie en sê ek, “Oupa ons gaan hout haal.” Elke dag het ons hout gaan haal. Elke dag as ons uit die skool uit kom. Kinders wil skoene dra vandag. Daai tyd wat ek kind was het ek nog kaal voete skool toe in die koue geloop het. Daar’ie tyd het my ouma vir my plakkies gekoop om teda skool toe. Ma’ vandag se kinders het lekker, wil skoene, sokkies, lang broek. Ek moet kort broekies gedra het skool toe; skirte, rok moet ek aan gehad het en kaal voete. Maar vandag se kinders het lekker want ons het nie daai dae gehad nie en wat ek wil sê ons het plaas virplaas gegaan, maar hier wat ek nou bly is my tuiste. Te sê daar kan niemand my kom afrokkel[xxviii] nie, my kom af sit nie. Die witman wat my oupa by gewerk het, het vir ons daai plekkie gekoop. Dit was vyf-en-‘n-half duisend rand gewees. Hy’t gesê dit is die dankie sê vir my oupa wat nog by hom gewerk het. Maar ek, ek verlang nog baie na hom. Baie het nogal gevra waar is die meneer wat jou oupa by gewerk het. Ek sê hy’s in die Kaap, maar as ek hom nog kon kry sal ek bly wees om sy nommer te kry en vir hom net lui – om vir hom te bel om te sê baie dankie vir dit wat hy vir ons gegee het. Ons het maar in ‘n hokkie gebly … klein hokkie toe ons nog die huis so gebou het. Ons almal het in ‘n hokkie gebly; ons almal was in daai klein hokkie gewees en my ouma se broer was bedlêend, hy’t in ‘n rolstoel gesit, hy was ook in daai hokkie. My antie Poppie sy is al oorlede en haar man Frank Ruiters en hulle kinders was ook in daai hokkie het hulle saam met ons gebly. Ouma het hulle groot gemaak. Ons het so gekyk na hulle. Hulle was ook in die weeshuis; hier bo in die klip huis was hulle gewees. Ons… ek… Die welsyn het hulle kom vat, maar die welsyn het hulle oorgehandig. My ouma het hulle so grootgemaak tot op die stadium wat hulle is wat hulle was. Vandag ken hulle my nie. En ek maar nog ‘n kleinkind ook groot en die dag wat ek my oë toemaak moet hy mooi leer. Hy moet in ‘n werk in stap. Ek’t gesê hy moet mooi skoolgaan, hy moet mooi leer. “Jou ouma het nie dit gehad nie”, sê ek vir hom. “Jy het nog vandag die moeite om vandag skool toe te gaan my kind.” Jou pa hettie[xxix] skool gehad nie. Jou pa het uitgegaan uit standerd 5 uit. Jou pa kon nog skool gegaan het vandag, maar hy wil in verkeerde dinge in gaan. En my seun, ek wil net hom in ‘n goeie werk in gestuur het maar hy wil nie luister na my nie. Ma’ ek praat baie met my kleinkind. Hy luister na my. Ek het hom gesê, “My kind gaan mooi skool. Ouma wil hê dat jy in ‘n werk in stap. Die dag wat ouma nie meer daar is nie … voor sy haar oë toemaak wil sy sien jy ry in ‘n grand kar.”
Kizzy: O.K. Dankie Sarah. Dit was baie duidelik. Ek waardeer dit. Hmmm … Ek wil net vir jou vra, toe jy opgroei, hoe was die huise hier? Was daar baie mense wat hier gewoon het? Waar was die skool? Waar … het julle in die pad gespeel? Was daar vrygrond? Wat … hoe was dit? Kan jy daaroor bietjie praat, asseblief?
Sarah: Ek het by die Methodiste Kerk skool genaan. Ek was in Sub B … Sub A … En by juffrou … Ek was Sub A by juffrou Morig[xxx]en Sub B by jufrou Crystal Hull. Ek was standerd 3 by juffrou Feb[xxxi]. Ons het lekker in die pad gespeel. Ons het tou gespeel[xxxii], ons het blik-blik gespeel as kinders later van tyd het ons middagskof gehad by die Methodiste kerk. Ons het oggendskof gehad by die Methodiste kerk. Toe’t hulle begin nog om die skool te bou hier onderkant ons. En daar by die Methodiste kerk … toe gaan ons oor na die nuwe skool van ons toe. Toe was ons so bly ons het ‘n nuwe skool gekry. Ons het lekker gespeel. Hier was ‘n vlei gewees; ons het geswem. Ons het alles gedoen wat hier is, en in die wingerd het ons gespeel. Hier wat die White City nou is was wingerd gewees. Ons het deur die wingerd gestap winkel toe. Ons was daar … onse … my niggie … ons het in ‘n kraaltjie gespeel. Waat die beeste in … speel dan kom. Daar het ons gespeel. Pophuis gespeel. Net ons twee alleen het ons gespeel, maar ons het nie met maatjies nog gespeel nie soos vandag wat die kinders net maatjies, maatjies. Ons twee is alleen. My ouma het dorp toe gekom dan bring sy vir ons lekker goedjies; net vir ons twee, en daar was ‘n wit vrou … sy naam was Mister Sarel … Ons het daar gebly, daar naby by die rivier het ons huisie gesit. Ons het daar gebly. Ons het gaan houtjies haal vir haar en sy het ook na ons toe gekom Saterdag middae, die wit vroutjie. Ons het lekker tyd saam met haar gehad. As ons gaan houtjies haal, het sy vir ons gegee soetigheid wat sy het … soos choklits[xxxiii], lekkers, koekies het sy vir ons gegee. En ons het hier gebly in Buitenkant Straat het ons gebly. Daar waar ou Boetie Tiras bly, daar het ons gebly en ons het daar in die vlei gespeel en aan die anderkant as ons dar by die hokke is, daar was ‘n sand bult gewees. Ons het daar gespeel. Dit was ‘n lekker tyd gewees. En ons het daar gespeel en daai tyd was dit sand, ‘n sand bult. Daar was nie lawns gewees nie; sulke goed. Maar ons het lekker gespeel daai tyd.
Kizzy: O.K. Dankie Sarah. En ook die mense, die gemeenskap: Hoe het hulle bymekaar gekom? Wat se soort aktiwiteite was dit? Tussen die bure?
Sarah: Daai tyd wat ons in Keerom Straat gebly het … daar het ons gespeel in Keerom Straat. Ons het lekker gehad daar. As kinders saam gespeel. Ons het blik-blik gespeel. Als.[xxxiv]Die maatjies van my wat vandag … wat nou getroud is, wat saam met my gespeel het in daai straat in Keerom Straat… Ons het lekker gespeel. Saans laat dan speel ons nog. Daar het ons saam gebly as bure. Vandag, waar jy bly, is daar nie bure eintlik nie. Vandag se buurmense beskinner jou, dan sê hulle hulle is bure … maar daai jare wat ons gebly het … my ouma hulle het gedeel onder mekaar, hulle het gegee vir mekaar. As my ouma nie het nie, dan vra sy vir haar buurvrou dan gee haar buurvrou vir haar en dan gee my ouma weer vir haar.
Dankie! Kizzy: Dankie, Sarah.
[i] Possibly Adendorf. (There is a range of spelling variants of this surname in McGregor.)
[ii] Permissie – toestemming.
[iii] Record – op te neem
[iv] Later van tyd (idiomatic)
[v] The farm was sold with the assumption that they came with the deal. No provision was made for alternative accommodation or conditions of labour for them.
[vi] Later van tyd (idiomatic)
[vii] Could be “Charl “
[viii] Toe het
[ix] Daardie
[x] Vriende
[xi] Maar
[xii] Nasalised
[xiii] Gaan
[xiv] Daar
[xv] Maar
[xvi] Toe het
[xvii] Later
[xviii] Bram hospice in Ashton
[xix] gereën
[xx] In die
[xxi] A penny/dirt cheap. (Possibly a disability grant.)
[xxii] Truck
[xxiii] Massage, often with castor oil or Vicks.
[xxiv] Unclear. Possibly ‘gold’
[xxv] Dizzy spell
[xxvi] Mothers and fathers
[xxvii] Bed
[xxviii] Trick somebody out of
[xxix] Het nie
[xxx] Name unclear
[xxxi] Name unclear
[xxxii] Skipping rope
[xxxiii] chockolates
[xxxiv] Alles
DEELNEMER NAAM : Sarah Arendorf
DATUM : 19 July 2025
PLEK VAN ONDERHOUD : McGregor
NAAM VAN ONDERHOUDER : Kizzy Petersen