MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

‘n Oud-onderwyser onthou

 

“Op 30 Augustus 1913 het ek die eerste lewenslig op McGregor aanskou. Beide my ouers is op McGregor gebore, het daar skoolgegaan en getrou. Die eerste onderwyser op McGregor was wyle Mnr Hartzenberg, onder wie beide my ouers en twee ouer susters skoolgegaan het. Die skool het destyds onder die Wesleyaanse Kerk gesorteer wat ook Mnr. Hartzenberg se salaris van £1 per maand betaal het. Ou Meester Hartzenberg was oorspronklik van Genadendal.

Toe ek McGregor in 1925 verlaat, was ek twaalf jaar oud (ons het na Worcester verhuis) en in standard drie. Mnr. Hartzenberg was my standard twee-onderwyser en hy is bygestaan deur twee assistente, Mnr Wilschut en juffrou Manko. Ons standard twee-klas is in die kerk gehuisves. In 1924 het Meneer Hartzenberg afgetree en meneer D. B. van Niekerk het hom oorgeneem.

Ek kan met trots se dat ek die eerste boorling van McGregor was vat hom as onderwyser bekwaam het. My pa was n sweepstokbrander en het dit nie breed hehad nie; daarenteen het hulle baie belanggestel in die onderwys.

Toe my ma my eendag vra wat ek wou word, het ek geantwoord: “Ek wil nie a stokbrander wees nie, maar n ‘teacher’”. Dit was die grootste oorweging waarom ons na Worcester verhuis het. Worcester was die naaste opleidingskool, daar was nie geld vir losies nie en one moes noodgewonge daarheen trek sodat ek kon leer vir n ‘teacher’.

McGregor het my baie na aan die hart gelee n ek het elke moonlike geleentheid aangegryp om daar te gaan kuier. Ek het selfs in 1932 n lidmaat van die metodiste Kerk geword – dieselfde jaar as wat ek as onderwyser gekwalifiseer het.

In 1936 het ek n betrekking 28km vanaf McGregor, te Boesmansrivier, aanvaar. Elke Vrydagmiddag na skool het ek mcgregor toe gery met my fiests, Saterdag vir die eerste rugbyspan gespeel en Sondag weer per fiests Boesmansrivier toe vertrek.

So het McGregor, en sal hy altyd n inherente deel van my bly. My hartliker gelukwensinge met die nuwe praggebou en mag hy van krag tot krag gaan.

 

Frederick Jordaan

DEELNEMER NAAM                        : Frederick Jordaan

DATUM                                            : April 1989

PLEK VAN ONDERHOUD                : McGregor Primer School

NAAM VAN ONDERHOUDER       : Gareth Nolan – taken from the McGregor Primary School Opening Booklet 1989

Previous
Previous

Story 1 - ‘n Toewyding aan Onderwys in McGregor - Daniel Kraukamp

Next
Next

Story 3 - An Old Teacher Remembers - Frederick Jordaan