MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Lewe en Geloof van Edward Afrika
Die Rol van Godsdiens in my Kindertyd - ‘n Persoonlike Getuienis
Edward Afrika was gebore op die 14de Februarie, 1972 te Robertson. Hy was die jongste seun vanBenjamin en Elizabeth Afrika.
(Own voice) Ons was ‘n gesin van dertien waarvan … waarvan ek die jongste is. Hulle storie. As kind kan ek onthou dat Godsdiens een van die heel belangrikste aspekte in elke huishouding is.
Elke aand sewe uur nadat almal geëet en gewas het, moes ons almal om die etenstafel sit terwyl ons vir mamma gewag het. My ma kon nie lees of skryf nie, maar godsdienst was een van die heel belangrikste aspekte in ons huis. Van my oudsusters en broers en ek het ‘n geleentheid gekry om die Bybel te lees, en dan het my ma vir ons die gebed gedoen, en daarna moet ons almal die… die Onse Vader[i] saam opsê.
Sondae oggende moet ons almal kerk toe gaan, en destyds het baie van die plaaslike kerke Sondag skool na die eredienste gehou. Ons was verplig om Sondag skool by te woon. Met verloop van die jare moes jy by die kerkjeug aansluit om sodoende ‘n lidmaat[ii] van die kerk te bekom[iii]. Sondag middag was daar opelug[iv] dienste gehou waar horde mense gestaan en luister het na die Woord van God van ‘n ander kerk. Daar is nog huisgesinne wat ek van weet, wat nog huisdiensde hou.
As kind het ek in die Marienkerk grootgeword. Ma het later my by die AGS kerk as lidmaat aangesluit, waar ek nou hediglik[v] dien.
[i] The Lord’s Prayer
[ii] Member of a church
[iii] Acquire
[iv] Opelug: Open air/ outside; possibly ‘oplig’: upliftment [unclear which is meant but ‘open air’ most likely. ]
[v] The present
DEELNEMER NAAM : Naima Page
DATUM : August 2025
PLEK VAN ONDERHOUD : McGregor
NAAM VAN ONDERHOUDER : Edward Afrika. Date of birth, 14th February 1972. [Age 53.]