MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die liefde vir rugby – ‘n gesprek met Henry Kraukamp
[Own voice] Henry Kraukamp is gebore op 21 Novenber 1964 in McGregor, en sesig jaar later woon ek nog steeds hier. Van die ouderdom van sesien jaar het ek begin rugby speel vir Universals McGregor Rugby Club. Daar was nog een ander klub met die naam van Pumas en later oor die jare het hulle een geword; bekendgestaan as die McGregor Rugby Club.
Ek was op ‘n baie jong ouderdom voorsitter van die klub, gelei deur die grootmanne. Ek het die hoogste aansoek[i] … aansoek, die laagte punte saam met die rugby beleef en is vandag nog steeds betrokke by die rugby.
[i] Aansoek – application [meaning unclear. Possibly ‘hoogtepunt’ – highlight. ]
INTERVIEWER : Naema Page
INTERVIEWEE : Henry Kraukamp
DATE : August 2025