MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Lewe van Bessel Martin Munnik
Ek, Bessel Martin Munnik, het begin werk by Vrolijkheid Natuurbewaringstasie in Januarie 1965. ek het begin as pl.1 arbeider by die navorsing afdeling, waar ek verbonde was vir die instandhouding en skoonmaak van hokke en die versorging van diere.
ek het gevorder tot pl.3 arbeider. Later het ek Laboratorium assistant geword, waar ek verbonde aan die veldwerk span was wat inligting versameling in verskillende provinsies Wes, Suid, Nord en Oos-Kaap. Dit was inverband met verspreiding van wilde en soogdiere van die provinsies. In daardie periode het ek studier velle van soogdiere en wide diere gemaak vir museums in die provinsies, waar studente van Hoerskole en Universiteite kan inligting kry waar, en in watter streek sekere diere voorkom. Ek het saam met doktors en proffesore gewerk. Ek was ook later verbonde aan die nadoodse ondersoeke van diere wat gevrek het in die omgewings. Met my kennis van die veld en diere het ek ook lesings aan Hoerskole en Tegnikon studente gegee.
Na 25 jaar in die Navorsing Afdeling het ek weer bevordering gekry as Algemene Voorman, waar ek diens gedoen het vir 7 jaar. Ek het afgetree na 32 jaar diens in April 1997.
DEELNEMER NAAM : Bessel Martin Munnik
DATUM : 23 September 2025
PLEK VAN ONDERHOUD : McGregor
NAAM VAN ONDERHOUDER : Gareth Nolan