MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Lewe van Paulina Steve: ‘n Oorsig van haar Jeug in McGregor
[Own voice] Tot graad tien skool gegaan by McGregor Methodiste Skool. Meester S… Sampie Hall. Meester Gallant, Juffrou Lilly Hall.
Plaaswerk gedoen tot vyftig jaar oud. Op verskillende plase gewerk. Oom Gawie met trok mense gery, taxi Robertson toe. Jare daarna oom Johnny Simmons taxi gery.
My broer Hennie Steve, toe sy seun Okkie Steve. Papa Danny Steve het sy eie bakkie gehad. Oom Dan Fortuin… jare vir ons gery. Later oom David Jansen vir ons gery. Papa nooit uh,… lisensie gehad nie. Oom Abie… Abraham Page plaas mense gery. Baas was Kriel later.
Slaghuis op die dorp deur Miss Marlene Mouton en haar man baas Chris Mouton. Syne beste lewer, lewer wors, vars worsies gemaak. Ons kon op die bakkie koop, Dinsdag en Saterdag. Mamma Lathie Steve gaan koop en Saterdag betaal. Melk by, uh, by kom David Jansen oom Piet Oktober of oom Ken... tj[i] Jansen gekoop. Vars beesmelk. Um, het in Worcester saam met papa op uitwerkamp; drie weke dan huis toekom. Harde werk by de Vos Rabie.
Ons was twee-en-twintig kinners - die meeste in die dorp gewees. Papa was voorman op die plaas. As kind was daar net vier begraaf… begraafplase. Dit was die kerke AGS, die Methodis, die veil [?] en die nuwe Apostolies.
Weggegoei,[?] weggooi, begrafnisplaas, die munisipaliteit by die Metodiste begraafplaas was. Daar was een kamer waar lyke ingewas was, en ‘n kis gesit was, my ouma Sara Magdalene Fortuin en Skippa Steve. Oupa Steve is daar begrawe. Groot familie van Fortuin, Jumat. Slim man. Kom …Willie, Willie Page baie mense na hom toe gekom. Vere Fortuin sinnem[?], uh, meertkom[?] Boetie Fortuin getroud oom Sampas Fortuin se seun.
Ouma Sara Fortuin pruimtwak[ii] gebruik. Teen ons muur gegooi [iii]dan moet ons dit skoonmaak. Ouma twee lang vlegsels gedra. Ou mens rate[iv]. Koors – plaas wilde aals op maag, groen amara vir maag. Kinders wat tande kry, bors, en vleni[v] lap sit, kam-kam-kamferblomme en knoffel huisie. Papa wijn[?] ruit[?] net so geëet. Wilde knoffel stukke aan wijn gekoop en geëet. Vars knoffel geëet elke dag. Gwanna blare op pynplekke gepak. Olieblare op pein plekke gepak. Uhm, drink wit wilde als wijnf-fruit, wijnruit[vi] en groen amara. Mis bredie en lady pis vir koeliek - drie maande.Heul grasse help babarakies. Mama Lathish Steve was donker, altyd gese sy is St Helena bader[?]. Mama kon goed Engels praat. Ons by baas jy loop ja jy loop na die en Miss Marie naam; daai geplee[?] op die plaas Toringville.[?] My suster, Kykie in hulle kombuis gewerk. Ons Sarah was al getroud gewees. Poetjie ou kind, is gehard gewerk in Rawsonville by wyn plase. Ge-uh gepars. Uh, later Worcester op plaas gegaan met pappa gewerk.
Ons kerk gehou Sondaes na werk. Tien van my broers en susters is dood va-van kindersiektes. Ons in Hoofstraat tuis… van die lighuis[vii] agter - … af gebly na ons van die plaas af weg is. Toe in Buitenkantstraat langs McGregor Primêre Skool gebly. Baas de Vos Rabie vir ons ‘n huis in Tyndallstraat gekoop. Al vyftig jaar bly ons daar.
Rugby en netbal spanne gaan kyk altyd op Puma veld. Universal se, um, veld het, uh, ons het koel drank ‘bier’ genoem. Uh, was baie lief om tuisgemaakte koek te koop, um, as boere. By boere. Pappa vir ons doodgooi[viii] koek, brandy slices gekoop. Elke drie weke in s.. ‘n instelling[ix] gewees. Pappa het self pudding gemaak vir ons. Geslag[x] (in) sommer net ons jaart en die swart pof[?] met kruiwe[xi] wilde peperkorrels binne in. Ons amper nooit winkelbrood … uh, geȅet nie, net
[i][i] Kentjie[?] Could be diminutive for Kenneth or Kobus
[ii] Chewing tobacco
[iii] Euphemism for ‘spit against’.
[iv] Folk medicines/ herbal, naturopathic medicines
[v] Flanelette (poultice wrapped in old cloth)
[vi] Wijn – possibly placed in wine to infuse/decoction made with indigenous herbs.
[vii] Possibly they stayed where the Lighuis currently is.
[viii] Doodgooi – heavy/dense (ie. you can kill somebody with it if you throw it at them)
[ix] Tradition, custom
[x] Slaughter/ butcher
[xi] Kruie- herbs
INTERVIEWER : Monica Marks-Bayman.
INTERVIEWEE : Paulina Wilhelmina Steve is gebore in McGregor. Sy is ‘n tweeling.
DATE : August 2025