MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

‘n Lewe in die Skaduwee van ‘n Groot Gesin - Ella Steve

 

[Own voice] Um, Ella Steve is ‘n tweeling. Haar ouers is Danny en Lathi Steve en daar was twee-en-twintig kinders gewees. Ons is ‘n tweeling, Ella en Paulina Steve. Mama Lathi en Pappa Danny Steve. Ons was twee-en-twintig. Als gehad … Pappa uitgewerk by de Vos Rabie. Ouma Sara Fortuin lang vlegsels[i] gedra, pyp gerook, ook gepruim. Eh, XXL letters geheet[ii].

Skool gegaan by die Methodiste kerk. Gaan help by juffrou Bly[?]en,… en Meester Sampie, Sampie Hull. Ek werk by hulle vir dertig jaar as hulp in die huis. Behoort aan AGS kerk in die Sondag skool jeug. Kan goed tuinwerk doen. Water lei, appel, appelmos gedoen, gedoen en pluk, uh, apricots. Groente plant. Ons groot appelkoos boord agter die kelder gehad. Toe genoem Pappa geld, geneem… Pappa geld gekry daarvoor. Papa het ons geleer harde werk is goed. Ons moes saam uitwerk, uhm, kem[?] toe en Worcester help werk. Papa was vir man, uh, … beet.[iii] Laas, laas, laaste broer Adonis en sis Sarah,ons suster Sarah, Fanie. Katie, um, K-A-T-I-E en basies Koos, Hennie. Ons tweeling Josiah, Floris, Petro, Mama slaghuis ge-had. Dinsdags en Vrydags gaan koop, Saterdags gaan betaal. Mama elke Saterdag dorp toe met ons eie chev-pakkie. Papa met duiwe ge-boer ook. Hoenders ook. Ons moes Pappa help slag ook. Ons Katie in, in die Kaap gebly was baie skool toe gegaan. Mama voer hoenders op kniëe en bak vetkoeke -  grotes met vleis daarby. Ons by Jakob Naude se plaas gebly. Toor-Toringville;  Pappa dan gewerk. Mamma in die kombuis gewerk by Miss Mary. Ons later dorp toe getrek in Buitenkantstraat. Baas de Vos Rabie vir ons ‘n huis gekoop in Tyndallstraat. Uh, juf, juf Willie ook Meester Sampie oorkant ons gebly met hulle kinders. Oom Sampie Arendorf en sy familie. Mamma se mag [?] …[?][iv]. Aunt Lilly en Oom Piet Stanfliet, Fred lang[?] onskrieblijk[v]. Oom Piet, Dallas en Auntie Polly Hull, uhm, langs ons gebly. Pappa graag deel en gegee baie werk, mense in families by ons kom kyk, kom eet. Papa heel nag gebid. Vroeg aand drome afgee-er [vi]was profeet. Pappa gepraat in raaisels[vii] jare later verstaan ons baie, baie min hom verstaan.

Pappa was Rensveld. Pappa van Rensveld, R-U-E-N-S-V-E-L-D. Um, sy ma was oupa Sofia. Klein dokters vroutjie. Sy het tannie poppa, was pappa se suster. Kort klein vroutjie trou met oom Piet Werka, P-E-E-T  werk-wer van proef plaas swart man. Oom Piet kom pad bou oor Kantieberg. Hulle het twee kinders by Welsyn Hof[viii] gekry en groot gemaak. Mama se suster Aunt Sarah, uh, kom en bly op plaas. Mamma se broer is dood. Ouma Sarah se huis in Patat Kaap[?], Loop… Loopstraat. Oupa Frederik Daniel Fortuin. Ouma Sarah was in Jumaat gebor-gebore. Boet twee kinners. Ons is elf kinders. Fanie Blunders. Katie, K-Y-T-I-E, drie. Hennie twaalf kinders. Basie vier kinders. Josiah een. Kios en Floors, kinders uh…[?]. Petro een. Tolla twee kinders. Paulina een kind. Geen kinders[?] nie. Ek help nog by familie wat my nodig het. Gaan haal nog hout stap baie. Maak eiers, uh, eie grafte skoon en kerk toe.

Ella Steve

[i] Plaits

[ii] Possibly the lettering on the packet of chewing tobacco

[iii] Possibly beet – beetroot

[iv] It seems that the mother worked as domestic/kitchen worker for the Arendorfs that were teachers and more educated in the brown community.

[v] Gruwelik – naughty, pranksters [?]

[vi] Interpreted dreams

[vii] Riddles

[viii] Social services – raised foster/adopted children

INTERVIEWER    : Monica Markus-Bayman

INTERVIEWEE    : Ella Steve

DATE                   : August 2025

Previous
Previous

Story 11 - ‘n Oorsig van Jeug in McGregor - Paulina Steve

Next
Next

Story 13 - Oupa se Diere - Andries Booysen