MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

Gemeenskapsbetrokkenheid en Passies: Die Lewe van Augustus Hendriks in McGregor

 

He was born 1st of January 1985; 40 years old. The title of the story is: Gemeenskap werke in ons pragtige dorpie McGregor.

Agtergrond van die persoon (eie stem): Ek is Augustus Hendriks. Op skool het ek al die tyd gesê ek wil in die gemeenskap betrokke wees. Waar ek op skool altyd by die dramaproduksies betrokke was, en by ons Gesinsentrum, wat nou die Breede Sentrum is, waar Eve Bryant ons leier was, het sy ons geleer van toneelspeel en daar het ek my liefde en passie geleer vir die ‘stage’.

Waar Eve was, is ons opgelei het om met jongmense te werk. Ons was op koerse[i] gestuur om die nodige kennis op te doen. Waar ek by talle organisaties op die dorp, naamlik die Gesinsentrum, volunteer werk gedoen het. Met al dit het ek gaan studeer in drama en musiek. Met my opgroei wou ek altyd deel uitmaak van die musiek op ons dorp, maar kan nie my mind opmaak nie. Uh, opmaak het op dit vir my is. Daar maar was ek ‘n lid van ons brass band op ons dorp, maar ek het my musiek loopbaan verder verleen in die Nuwe Apostoliese Kerk, waar ek ook deel uitmaak van ons kerk koor asook die Orkes; waar ek die viool asook een blokfluit gespeel het. By die drama gedeelte het ek alles so terdee geniet, want ek het altyd so op die verhoog gewees, waar ek myself so geniet het en kon myself wees.

Tans is ek ook in ‘n fliek wat aan wat inwerking is wat op ons pragtige dorpie geskied is. Desember 10 is die naam.

Tans werk ek by hospice in samewerking met ons plaaslike klinik en ook EFAR Emergency First Aid Responder, waar ons ook professionele opleiding ontvang het om ons mense te kan ondersteun waar daar enige mediese hulp nodig het, tot en met wanneer daar ‘n ambulans opdaag en die pasiënt na die naaste hospitaal te neem. Asook het ek talle babas gevang, in die lewe help bring en daaroor is ek ook baie bly om die pasiënte te help.

En dan ten laaste doen ek ook die opdoen deko[ii] … als ook spyseniering[iii] op die dorp waar mense veral minder perfonges[iv] hulp nodig het met ‘n funksie en kan dit nie op hul eie doen. Dan help ek graag. Die einde.

[i] Courses

[ii] Serve and Decorate/garnish

[iii] Catering

[iv] ? perhaps minder bevoorreg/less privileged

INTERVIEWEE    : August Hendricks

INTERVIEWER    : Ilse Geduld

DATE                    : August 2025

Previous
Previous

Story 13 - Oupa se Diere - Andries Booysen

Next
Next

Story 15 - ‘n Reis van Kinderjare tot Oumieskap