MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

‘n Reis van Kinderjare tot Oumieskap - Georgina Claassen

 

Agtergrond van die persoon:

Hul storie; my storie:  Georgina gebore op 8 April 1964 te Hoof… hofstraat wat nou Kantoorstraat is, wat een van nege kinders was. Op die ouerdom van 9 … van 8 jaar trek ons na Eerstelaan nommer 3, waar ek steeds woonagtig is.

My skoolloopbaan het ek gedoen te McGregor Methodist waar nou die Methodiste kerkgebou is, en het tot standheid 6, wat nou graad 8 is, by die skool. Wat by die ou polisiestasie gebou wat op die hoek van Langstraat en Loopstraat was, skoolklaar gemaak wat 1984 was. In 1992, nineteen ninety-two, het ek begin… werk gekry in Houtbaai plaas waar ek begin werk het met kruië en slaai waar ek my liefde daarvoor aan geleer het tot en met die jaar 2013, waar ek gediagnoseer is met osteoarthritis.

Daarna het ek vanaf my huis kruië gekweek… groente gekweek het en steeds besig. Waar talle inwoners na my kom vir raad en advies oor watter kruie vir watter siekte gebruik kan word.

In die jaar van 1986 het ek in die huwelik getree met my ontslape[i], Jakobus Claassen en het my reeds ontgaan op die ouerdom van 42 jaar oud.  Waar ek steeds ‘n weduwee[ii] is en my liefde en passie uitleef en tuin maak, en moedig steeds my kinders en kleinkinders asook andere aan om ook een liefde te hê en om ook voort te gaan en my legacy voort te leef.

[i] Deceased

[ii] Widow

DEELNEMER NAAM        : Georgina Claassen

GEBOORTEDATUM       : 8 April 1964

INTERVIEWER                : Ilse Geduld

DATE                                : August 2025

Previous
Previous

Story 14 - Gemeenskapsbetrokkenheid en Passies: Augustus Hendriks

Next
Next

Story 16 - Opgroei in McGregor en Bou in McGregor / ons dorpie