MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Opgroei in McGregor en Bou in McGregor / ons dorpie
[Own voice] Gebore op 12 Augustus 1958 in McGregor, waar ek een van drie kinders is. Op die ouderdom van sestien jaar oud moes ek noodgedwonge[i] die skool verlaat en om te gaan werk op my, om my ouers in die huishouding te help.
Op die ouderdom van agtien jaar oud tree ek in die huwelik met Ewie Fortuin. My hele eerste werk het ek as ‘n handlanger begin werk by oorlede Thinus Hill waar hy ‘n kranige[ii] bouer was op McGregor. Daarvandaan het ek my opgewerk in die bou gedryf. Toe het ek op ‘n latere stadium met klei gewerk en met kleiwerk bou begin. My heel eerste kob[iii] strooi klei huis het ons balletjies gevorm van klei gemeng en daarna gebou daarmee en op gepleister met lime[iv] pasta[v]. Deur te begin met ‘n klei huis begin jy met jou fondasie. As jou fondasie klaar is, dan gooi jy harde klip in sonder stof en compactdit lekker vas en dan kan jy verder bou. My heel eerste klei huis het ek met Adobe blocks en dit het ek by Luke Brozier gedoen en geleer.
Ek het en maak my eie vorms. Dan gooi dit die klei mengsel in die vorms totdat dit set en reg is om te gebruik. So ‘n tuiste, dit moet baie droog wees.
Ehm. Van die kob waar Jill Hogan my geleer het om met kob te werk waar ek my liefde daarvoor gekweek het. Daarvandaan het ek so baie klei kob huise in McGregor gebou waar ek hier baie gaste huise op McGregor asook baie klei kob huisie vir talle inwoners gebou het. Die verskil van die klei kob huise is jy kan dit nie pla-plaaster met sement want dit moet lime plaster kry want die muur moet asem skep. Waar ‘n sement huis moet jy sement gebruik om te pleister sodat die bakstene vas kan wees in, aan mekaar.
Dit is so lekker om rond te beweeg en ons pragtige dorpie en te kyk na my handewerk.
[i] From sheer necessity
[ii] Dashing, spirited
[iii] Cobbing
[iv] Kalk. Lime plaster
[v] Paste / plaster (pleister)
INTERVIEWER : Ilse Geduld
INTERVIEWEE : Henry Arendorf, bekend as Oom Hennie
DATE : August 2025