MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Visserman se Lewe: ‘n Gesprek met Dirk Joshua Valentyn
[Own voice] Agtergrond. Ek is gebore te Robertson, Uitnood. Het skool loopbaan te Robertson Dagbreek Skool asook Uitnood Primêr. Ek het die skool verlaat op die ouderdom van 16 yaar.
Vervoer was ‘n groot probleem en ek moes elke dag s-seven(7) k-kms af lê per voet net om skool by te woon, waar ek myself op skool ‘n kranige[i] student was. Ek ook ‘n top student was. Ek was een van tien broers en sewe susters was, waarvan ons steeds net 8 lewe. Op die ouderdom van 16 jaar het ek my heel eerste werk op die plaas begin werk. En daarna is ek na die geboue en het as ‘n handlanger moes werk tot en met die onderdom van nineteen years, jaar. Op die ouderdom van nineteen jaar was ek so gelukkig en het ek ‘n werk op die see gekry as ‘n visserman, waar ek en my broer as seevaarders gewerk het, waar ek altyd fortytwo to fortyfive dae weg was vanaf die huis en slegs drie dae met travel by die huis en familie was.
As visserman het ek in 1982 begin werk in die bedryf tot en met die jaar 2008 en het myself opgewerk as factory manager. In die jaar 2008 het ek by die De Beers begin en het gewerk tot en met November 2024 waar ek afgetree het. By De Beers het ek as ‘n deck seafarer in die watch keeper bedryf. That’s d-e-k-s-e-a-f-a-r-e-r-…
[i] Eager, spirited
INTERVIEWER : Ilse Geduld
INTERVIEWEE : Dirk Joshua Valentyn, geboorte 16 Augustus 1962.
PLACE : McGregor Langstraat 12; Where the interview took place.
DATE : August 2025