MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

Die Reis van Teswill Williams:

van Bullying na ‘n Sukesvolle Houtmaker in McGregor

 

Teswill Johannes Williams is gebore op 13 November 1989 te Robertson. Hy het gewoon saam met sy ouers en susters in Barrystraat in McGregor.

Teswill het sy skoolloopbaan begin by McGregor Primêre Skool, waar hy graad 8 uit die skool gaan weens groepsdruk en was baie “gebully”.  Op die... ouerdom van 16 het Teswill by Willem

Arendorf begin werk as algemene werker en het ongeveer drie jaar saam met Willem gewerk, waar Andre Fortuin, Willem se broer, sy talente raak gesien het en besef Teswill is ‘n hardwerkende manmet vele talente. Teswill het sy lisensie ontvang en was aangestel as driver om vele take uit te rig.

Andre en sy werkers het later geskyf na die konstruksie maatskappy naam J.J Alberts. Daar het Teswill ondervinding opgedoen om met hoë druk waterpype in die omliggende vyf dorpe te werk. Daar het hy gewerk tot hul kontrak gestop het.

Daarna het hy besluit om iets self uit te werk om mense warm te maak, namelik hout te maak, en is vandag al tertien jaar besig om dit te doen, asook koekstans ens.

Hy het sy besigheid geregistreer, naamlik T en T (vir Thys en Teswill; pa en seun). Hy verkoop en maak elke dag hout, doen tuinwerkies, sny hoë risiko bome en so voorts.  Teswill is ook baie behulpsaam. Hy het elke Saterdag by die sopkombuis om kos uit te deel te Langstraat 20 in McGregor.

INTERVIEWER                                :  Elisma Williams

INTERVIEWEE                               : Teswill Williams, Born 13 November 1989

DATUM                                              : August 2025

PLEK VAN DIE ONDERHOUD       : Voortrekkerstraat 10A McGregor

Previous
Previous

Story 17 - Die Visserman van McGregor - Joshua Valentyn

Next
Next

Story 19 - Die Lewe van William Isaacs: Kaapstad na McGregor