MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

Die Lewe van William Isaacs: ‘n Reis van Kaapstad na McGregor

 

William Isaacs is gebore in Kaapstad, het skool gegaan in die Kaap en het ook daar gewerk. Hy, meneer Isaacs, het gekom op vakansie by sy skoonfamilie en vind sy voete nog steeds hier. Hy het later verhuis na McGregor in 1999. William sê hy het ‘n geestelike boodskap gekry dat die Here hom nodig het as ‘n kerkleier.

William sê daar is ‘n groot verskil van McGregor en Kaapstad. Dis rustig en stil teenoor Kaapstad. Baie van McGregor se inwoners maak gebruik van sy dienste - as geestelike leier as ook as elektrisien.  McGregor was ‘n goeie besluit gewees. Hy beskou hom as ‘n aftrede elektrisien as gevolg van sy gesondheid, maar hy is tans steeds besig met sy geestelike werk. Hy bemoedig elke dag mense om hul lewens te verbeter. Hy glo vas, hy is gestuur na McGregor met ‘n doel om ‘n verskil te maak. Hy het voorheen by die Navy, die vloot gewerk en daar het hy elektriese ondervinding opgedoen vir agtien jaar lank. In 1999 is William na die Navy Base gevorder. Hy het ook ander p… posisies beklee, namelik ‘n visserman, tralleman.[i] William moes sy werk ongelukkig as, ehm, los as gevolg van sy vrou se siektes en vind hom nou as ‘n afgetrede elektrisien.

[i] Possibly Trawler man (Fishing)

INTERVIEWER    : Elisma Williams

INTERVIEWEE    : William Isaacs. Born 18th May 1953. Ouderdom 72.

DATE                    : August 2025

Previous
Previous

Story 18 - Die Reis van Teswill Williams

Next
Next

Story 20 - Die Lewe van Aaron Fortuin - Toekomsvisie vir McGregor