MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

Die Lewe van Aaron Fortuin: Toekomsvisie vir McGregor

 

Agtergrond van die persoon:  Aaron Fortuin is gebore op Klein Plaatjie, 10 kms buite McGregor. Hy het skool gegaan op die plaas waar hulle as gesin gewoon het, saam met sy ouers, broers en susters. Hul het op ‘n latere stadium verhuis na McGregor waar hy sy skool loopbaan voltooi het, by McGregor Primêr.

Op 1976, het meneer Fortuin by die SAPS, uh, … en is seker nie spyt dat hy by die polisiediens aangesluit het nie. Hy was amper 14 jaar in die diensneming van die SAPS, South African Police Service. Meneer Fourtuin was aangestel om in Angola te werk, maar was baie bly toe hy nader aan die huis kan kom werk.

Hy woon al dertien jare in sy huis wat hy gedroom het om te koop, en hy luister graag na raad wat hy kan kry vanaf die gemeenskap. Aaron is gelukkig getroud en geseën met pragtige kinders en

kleinkinders as ook agterkleinkinders. Hy is betrokke by die tuine en het groen vingers. Meneer Fourtuin heg ook aan, hy besig is om die buitekant van sy huis te verfraai, deur bome te plant, saam met die Heritage Committee en die gemeenskap.

 Meneer Fourtuin beskryf McGregor as ‘n lieflike dorp om in te woon; ook sy mense.

Die dorp word alhoewel meer histories en dit maak ‘n mens bly, sê hy laggend. Met al die aanplantings om McGregor een beter dorp te maak, voeg meneer Fortuin by, dat daar onder meer fasiliteite aan te bring vir ons jeug , meer werks geleenthede vir ons jong mense. Meer parke. Dalk ‘n komitee te stig om ons kinders se droom te bewaarheid.

INTERVIEWER    : Elisma Williams

INTERVIEWEE    : Aaron Fortuin, born 12 October 1958, 67 years old

DATE                    : August 2025

Previous
Previous

Story 19 - Die Lewe van William Isaacs: Kaapstad na McGregor

Next
Next

Story 21 - Die Lewe van Thys Williams: ‘n Barmhartige Samaritaan