MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025

Die Lewe van Thys Williams: ‘n Barmhartige Samaritaan in McGregor

 

Thys Williams is gebore in 1958 op Robertson. Hy het opgegroei op die plaas De Hoek Boerdery. Hy het ook jare gewerk op die plaas. Op die ouerdom van 30 verhuis hy na McGregor, Langstraat in ‘n een-vertrek huis, net genoeg spasie vir hom, sy vrou en dogter. Later het hy getrek na Buitenkantstraat want sy gesin het opgegroei. Hy het by AW Page kom werk toe hy verhuis het na McGregor. Na elke huis wat klaar gebou is, het tuinwerk gekry wat hy in sy vrye tyd gedoen het. Dit is waar baie blankes sy talent gesien het en het later verskeie tuine verwerk.

Thys het sy vrou ge-… Gertruida Williams op ‘n jong ouerdom verloor aan die dood. Sedert dien is sy ‘n toegewyde pa en oupa vir sy kinders en kleinkinders. Thys word beskryf deur baie van die gemeenskap as ‘n barmhartige Samaritaan. Hy help altyd sy naaste; sal selfs sy laaste sente in die beursie gee aan dié wat dit nodig het.

Thys is tans werksaam in twee tuine in Langstraat, namelik Alistair Rich en Sue en albei die tuine is pragtig danksy Thys. Hy doen tuinwerk sy hele lewe lang. Hy beskryf McGregor soos ‘n boksie Smarties: kleurvol en baie rustig.

INTERVIEWER    : Elisma Williams 

INTERVIEWEE    : Thys Williams

DATE                    : August 2025

Previous
Previous

Story 20 - Die Lewe van Aaron Fortuin - Toekomsvisie vir McGregor

Next
Next

Story 22 - ‘n Toewyding aan Onderwys in McGregor - Daniel Kraukamp