MHS DINAMIESE KULTUUR : STORIEVERTELLING ERFENISPROJEK - 2025
Die Lewe en Loopbaan van Daniel Kraukamp: ‘n Toewyding aan Onderwys in McGregor
Daniel Kraukamp is gebore op die 14de Oktober 1956 by ouers Vas Moses Kraukamp en Hendrika Kraukamp. ‘n Gesin van twee dogters en vyf seuns. Hulle storie:
Ek begin op my skool loopbaan as posvlak een. Gevorder aan die Methodiste Kerk se skool te Tindallstraat, Januarie 1978 as Standard vyf (graad sewe) opvoeder en in 1980 betrek ons oor Laerskool toe, te Buitenkantstraat, McGregor.
Ons leer. Leerlingstal het altyd gewissel van 400 tot 500 leerders per jaar, met ‘n opvoedertal van 14. In Januarie 1996 raak ek department hoof en in Januarie 1997 raak ek die skoolhoof. Ek was vir 36 jaar in die onderwyspos en 18 jaar as pos vlak een opvoeder, 1 jaar as departementshoof en 17 jaar as hoof. My hele skool lewe as onderwyser het ek aan die inwoners van McGregor gewy.
Dit was voorwaar ‘n besonderse voorreg en eer om die gemeenskap van McGregor te dien. Die verskil tussen kinders en volwassenes: Kinders luister graag na wat jy hulle leer terwyl volwassenes wil hê dat jy as volwassene na hulle luister en dan… en dan doen wat hulle wil hê jy moet doen.
Ek het my onderwys loopbaan ten volle uitgeleef en geniet; was baie passievol.
INTERVIEWEE : Daniel Kraukamp
INTERVIEWER : Naema Page
DATE : August 2025